Belangrik:  Moenie laat staan nie, maak direk voordat jy opskep

Vir individue met gluten intoleransie, maak asb seker dat die graanvlokkies gluten vry is.

 

Bestanddele:

1 koppie graanvlokkies

1 koppie fyn klapper

1 koppie mandarines (ingelegte lemoen stukke) sonder die stroop

1 koppie fyn gemaalde pynappel (met die stroop)

1 koppie klein / gesnipperde malvalekkers

1 koppie suurroom

 

Meng al die bestanddele goed saam.