Koeskoes met spek en oondgeroosterde groente

Bestanddele

375 ml koeskoes
60 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
375 ml kookwater
1 ui, in dun wiggies gesny
½ botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1 x 250 g rugspek, in stukkies gesny
1 x 250 g pak bruin sampioene, gesnipper
1 x 100 sakkie calamata-olywe, ontpit en grof gekap
ekstra olyfolie en suurlemoensap óf asyn
50 g (½ wiggie) bloukaas, grof gekrummel

Metode

Voorverhit oond tot 190 °C. Meng koeskoes, 30 ml van olie, sout en peper in ’n platterige bak. Giet kookwater oor en bedek lugdig met kleefplastiek of ’n styfpassende deksel. Laat staan vir 10 minute.

Terwyl koeskoes stoom, meng ui en botterskorsie in ’n oondbak en bedruip met res van olie. Meng deur met jou hande en oondrooster vir sowat 20 minute. Voeg spek en sampioene by en oondrooster vir ’n verdere 25-30 minute tot alles gaar is en groentedonker rantjies te kry.

Voeg olywe en koeskoes byenroer deur. Klam aan met ekstra olyfolie en suurlemoensap óf asyn en roer bloukaas deur. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

Lewer 4-6 porsies.

 

Bron:  Landbouweekblad