BESTANDELE:

  • Mieliemeel soos aangemaak deur die pakverwysing
  • 250ml Vars Room
  • 250g Diced Bacon
  • 1 pakkie Sampioene (in skywe gesny)
  • 1 blikkie tamatie en uie smoor
  • 1 blikkie pitmielies (gedreineer)
  • Gerasperde cheddarkaas
  • Botter blokkies vir braai
  • Halwe pakkie bruin uie sop

 

METODE:

  1. Maak die pap aan soos per die pakverwysing.  Dit moet semi-styf wees.
  2. Braai uie en sampioene in botter vir so +- 3 minute (uie moet deurskynend wees)
  3. Voeg die diced bacon by en braai gaar
  4. Voeg die tamatie en uie smoor asook die pitmielies by en roer deur
  5. Gebruik 'n diep oondbak en skep 'n lagie pap, dan 'n lagie vleismengsel en hou so aan totdat alles in die bak is (laaste laag moet vleis wees)
  6. Meng die room met die halwe pakkie bruin uie sop en gooi oor die tert
  7. Strooi kaas bo-oor en sit in die oond en bak tot kaas gesmelt is.

 

WENK: Heerlik saam met braaivleis.