Rissie-mielies oor die kole

Bestanddele

4 mielies, skoongemaak

100 g botter

1-2 teelepels fyn rissies

knypie sout

Metode

Smelt die botter in ’n bakkie.

Verf die mielies met die botter en braai oor warm kole tot gaar. Verf gereeld met botter.

Sprinkel die fyn rissies en sout oor en sit warm voor.

 

Bron:  Sarie (Toks 'n Tjops Resep)