Pap

6-8 groot aartappels

1 groot ui, fyn gekap

200g mieliemeel

Sout na smaak

125g botter(opsioneel)

 

Vulsel

3 uie, fyn gekap

6 tamaties, ontvel en fyn gekap

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

250g spekvleis, fyn gekap

2 aartappels, geskil, gerasper en droog gedruk

250g sampioene, in skywe gesny

250ml Cheddar-kaas gerasper

 

Pap - maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180
  2. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel
  3. Kook aartappels in genoeg soutwater tot sag, dreineer en trek die skille af, druk fyn
  4. Soteer die ui in bietjie olie tot sag en voeg by die fyn aartappels
  5. Die aartappels moet goed slap wees
  6. Voeg mieliemeel en sout by en meng goed
  7. Prut oor lae hitte tot gaar en roer die botter by
  8. Skep in die voorbereide oondbak

 

Vulsel - maak so:

  1. Soteer die ui in bietjie olie tot sag
  2. Voeg die tamatie by en prut oor lae hitte tot ‘n dik sous vorm
  3. Geur met sout en peper
  4. Braai die spekvleis tot bros, skep uit en braai die gerasperde aartappel in die vet van die spekvleis tot bruin
  5. Skep uit en braai die sampioene tot bruin.
  6. Skep die spekvleis, gerasperde aartappel en sampioene bo-oor die pap in die oondbak
  7. Sprinkel die kaas oor en verhit 20 minute lank in die oond
  8. Bedien dadelik op

Genoeg vir 10-12 mense