GEURIGE AARTAPPEL EN KAASKEBABS:

Bestanddele

750 g jong aartappeltjies, gewas
125 ml balsemiekasyn
50 ml olyfolie
30 ml vars kruisement, gekap
30 ml vars basiliekruid, gekap 
30 ml heuning
250 g briekaas, in skywe gesny  

 

Metode

Kook die aartappels 15-20 minute in soutwater, tot sag.
Meng die bestanddele vir die sous.
Dreineer die aartappels en marineer 30 minute in die sous.
Sny die aartappels middeldeur en ryg die aartappelhelftes met 'n kaasskyf tussenin op die stokkie in.
Braai liggies op rooster. 
Bedien 6
 

VARIASIES
* Vervang die brie deur camembert of bokmelkkaas of gerookte kaas.
* Vervang die kaas deur salami, ham of gerookte salm.
* Vir 'n Mediterreense geur, vervang die kaas deur geroosterde rissie- en eiervrugskywe.

 

BRON:  Kampkos en Wenke