Heerlike braaibroodjies

 

JY BENODIG:

  • Brood van jou keuse (ek verkies ciabatta)
  • Botter of margarine gemeng met "crushed" garlic
  • Tamatie in skywe gesny
  • Peppadews fyn gekerf
  • Mrs. Balls chutney
  • Cheddar Kaas
  • Sprietuie (spring onions) of rooi uie
  • Sout en swart peper na smaak

 

METODE:

  1. Sny die brood in skywe
  2. Smeer die garlic botter op elke sny brood
  3. Smeer die chutney op
  4. Plaas die tamatieskywe op
  5. Geur met swart peper en sout (of aromat) na smaak
  6. Kap die sprietuie (of rooi uie) op en strooi oor die tamatie
  7. Strooi peppadews oor
  8. Strooi laaste die gerasperde kaas oor
  9. Braai op vuur of oond tot goud bruin

 

WENK: Jy kan ook die buitekant van die broodjie met botter of  klein bietjie olyfolie smeer om dit mooi goud bruin te kry. Gebruik 'n braai grid om die broodjies op die vuur te braai.