Sopaartappels (Heerlik saam met braaivleis)

 

  • 4-6 medium aartappels (ongeskil net gewas)
  • 250g margarine
  • 1 pak bruin uie sop

 

METODE:

  1. Smelt die margarine en gooi soppoeier by.
  2. Sit die rou aartappels wat net halfpad deur gesny is in ‘n glasbak(oondvas).
  3. Gooi die botter mengsel oor.
  4. Bak in die oond vir 1 uur by 180’C
  5. Bedruip aartappels so af en toe met botter .

 

Gooi gerasperde kaas bo-oor sodra uit oond gehaal.