Outydse Gemmerbier

Bestanddele:

17 liter water                                                

2,5 kg suiker

3 eetl fyn gemmer                                       

1 eetl droë gis (korrels)

1 – 2 handevol (pit)rosyne

Metode:

Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel. 

Roer tot suiker opgelos is. Sit deksel op. Laat staan oornag. 

Rosyne moet bo-op dryf (dan is dit reg!). Gooi in bottels.

MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!

Maak 18 liter gemmerbier.

Bron:  Koffie Klets