GLÜHWEIN (Vir vier persone)

Bestanddele

250ml sterk, warm tee
125ml suiker
skil van een suurlemoen
2 stokkies kaneel
10ml gemaalde naeltjies
1 bottel rooiwyn
250ml ontbytpons (vrugtesap)

Metode

1. Neem die tee; voeg suiker, suurlemoenskil, naeltjies, kaneel en rooiwyn by en laat dit vir 20 minute oor 'n lae temperatuur prut. Giet die mengsel deur 'n sif.


2. Bedien baie warm en garneer indien verlang met 'n kaneelstokkie.

 

Bron:  Beeld (Plus)