Aarbei-melkskommel

Bestanddele

250 ml aarbei-roomys

250 ml aarbei-jogurt

wit malvalekkers

Metode

Meng 250 ml aarbei-roomys en 250 ml aarbei-jogurt saam in ’n versapper of pols dit met ’n handmenger tot glad. Gebruik ’n skêr en knip wit malvalekkers in sirkels. Plak die sirkels aan die binnekant van glase vas en gooi die glase vol aarbei-melkskommel. Sit ’n strooitjie in elk en sit dit dadelik voor.

 

Bron:  Idees Tydskrif (Digitaal)

Foto:  Idees Tydskrif (Digitaal)