MAAK JOU EIE CAPPUCCINO

Maak 3 koppies mengsel Met hierdie resep kan jy 3x soveel cappuccino kry as die gekooptes. Dit werk baie goedkoper uit.Verdubbel mengsel aangesien jy die bestanddele het.

 

BESTANDDELE

1 kop. Ellis Brown of Cremora

1 kop. hot chocolate bv. Nestlè

2/3 kop. koffie van jou keuse

½ suiker of strooisuiker (kan dit los sodat elkeen sy eie suiker kan ingooi na smaak)

½ teel. kaneel

¼ teel. neut

 

Sif al die bestanddele 2 of 3 keer saam sodat dit goed kan meng.

Om 1 koppie te maak roer 3 tafellepels (minder of meer na smaak) in warm water uit die ketel.

 

WENK: AS JY EERS DIE MENGSEL MET ‘N BIETJIE WARM WATER AANGEMAAK HET, HOU DIE KETEL IN DIE LUG EN GOOI ‘N DUN STRAALTJIE WATER (SO HOOG BO DIE BEKER AS MOONTLIK) IN DIE BEKER EN JOU CAPPUCCINO SAL SKUIM.

 

KREDIET: Food Lovers Recipes LEKKER RESEPTE EN GESELSE