GROENTE-EN-KAAS KASSEROL

  • 1 kg aartappels (in dun skvwe gesny)
  • 250 g uie (in dun skywe gesny)
  • 250 g wortels (gekap)
  • sout en varsgemaalde peper na smaak
  • 250g gerasperde kaas 625ml
  • 2 eiers
  • 300ml melk
  • 60g margarien (65 ml)
  • pietersielie vir garnering


Sprinkel voorbereide groente met sout en peper. Pak Iae aartappels, uie, wortels en gerasperde kaas in gesmeerde kasserolbak. Eindig met Iaag aartappels en kaas. Klits eiers en melk goed saam en geur met sout en peper. Gooi oor kasserol en stip met margarien. Plaas in oond van 180 grade C en bak onbedek vir ongeveer 1 en 'n 1/2 uur lank of tot gaar. Haal uit oond, garneer met pietersielie en sit voor.