PATAT EN MANGO GEREG

 

Bestandele

1x 200g-pak gedroogde mango

½ liter-houer lemoensap

5ml gerasperde lemoenskil

250ml droe wit wyn

15ml bruinsuiker

15ml wynasyn

15ml lemoenlikeur

30 ml botter

4 gaar soetpatats in skywe gesny

 

Metode

Plaas mango, lemoensap, skil en wit wyn in ‘n klein kastrolletjie en prut 20 minute todat mango sag is.

Plaas suiker in aparte kastrol en laat karameliseer. Dreineer mango en voeg vloeistof saam met asyn en likeur by karamelmengsel.

Roer goed totdat suiker opgelos is. Voeg klontjies botter geleidelik by totdat sous effens dik en glansend is.

Skep mango en patat versigtig in sous en verhit.

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees