Aartappelkerrie

Bestandele

• 10ml sonneblomolie

• 1 groot ui, gekap

• 2 knoffelhuisies, fyngedruk

• 5ml gerasperde vars gemmer

• 30-40ml kerrie-masala

• 5ml elk fyn komyn, koljander en vinkelsaad

• 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

• 1-2 patats, geskil en in blokkies gesny

• 250ml groente- of hoenderaftreksel

• 1 sitroengrasstingel, gekneus (opsioneel)

• 1 blik klappermelk

• ’n groot hand vol gekapte koljander

• suurlemoensap na smaak

• poppadums of basmati-rys om voor te sit

 

Metode

Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by en roer goed.

Voeg die speserye en sade by en roer goed. Voeg die aartappels, patats, aftreksel en sitroengras by en verhit tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut met die deksel op vir 10 minute tot die aartappels byna sag is.

Voeg die klappermelk by en laat prut tot sag. Roer die koljander en suurlemoensap by en geur na smaak.

Sit voor met poppadums of basmati-rys.

 

Bron:  Idees