PAMPOENTERT  

 

BESTANDELE

3 koppies pampoen (ek gebruik hubbard squash)

1 kaneelstokkie

1 eetlepel suiker

1 koppie meel

4 teelepels bakpoeier

1 koppie suiker

4 eetlepels gesmelte botter

2 eiers

1 teelepel sout

1 koppie room

kaneelsuiker vir strooi  

 

METODE: Kook die pampoen met die kaneelstokkie en suiker, tot dit sag is en drooggekook het. Druk die pampoen fyn. Roer die eiers, meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by. Gooi die room by en roer Meng goed, gooi in 'n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor. Bak vir 30 minute teen 180 grade C  

 

WENK:  Ek vervang partykeer die room met 1 koppie ideal melk.  Hierdie pampoentert is 'n wenner saam met braaivleis.