Patatpoffertjies in stroop

Bestanddele

8 patats, geskil en in dik skywe gesny


STROOP
60 ml (¼ k) asyn
125 ml (½ k) suiker
200 ml water
stuk gemmer van 2 cm, geskil
en in skyfies gesny
2 kaneelstokkies
5 stukkies nartjieskil

 

BESLAG
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
60 ml (¼ k) suiker
430 ml (1¾ k) melk
olie vir diepbraai

 

Metode

Kook die patatskywe tot net gaar en laat effens afkoel.

STROOP: Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat prut oor matige hitte tot dit met die helfte verminder het.

BESLAG: Sif al die droë bestanddele saam en klits die melk geleidelik by tot ’n gladde beslag vorm.

Verhit die olie, doop die patatskywe een vir een in die beslag en diepbraai tot gaar. Dreineer op kombuispapier en giet die stroop oor.

 

Wenk

Maak gewone strooppatats: Kook die ongeskilde patats in ’n bietjie water tot net sag. Trek die skille af. Berei die stroop soos beskryf en voeg die patatskywe by. Kook 10-15 minute tot die patats stroperig is.

 

Bron:  Huisgenoot