CHOCOLATE CHIP KOEKIES

 

 

WAT JY BENODIG:

  • 1/2 koppie (125ml) ongesoute botter
  • 3/4 koppie bruin suiker
  • 3/4 koppie wit suiker
  • 2 groot eiers
  • 1 teelepel vanielje geursel
  • 1 sakkie/boksie sjokolade chips, of stukke (fyn gebreek)
  • 2 1/4 koppies koekmeelblom
  • 3/4 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel sout

 

MAAK SO:

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade C.
  2. Voer 2 bakplate uit met bakpapier.
  3. Plaas die botter in 'n mikrogolf veilige bak, bedek en mikrogolf op medium krag tot gesmelt. (Alternatiewelik smelt in 'n klein kastrol.) 
  4. Laat effens afkoel. Klits die suiker, eiers, botter en vanielje in 'n groot bak tot glad.
  5. Klits die meel, koeksoda en sout in 'n ander bak. Roer die droë bestanddele in die nat bestanddele met 'n houtlepel. 
  6. Roer die sjokolade chips of stukke by.
  7. Skep opgehoopte eetlepels vol van die deeg op die voorbereide panne en druk effens plat met 'n nat lepel. Los ongeveer 2-duim spatie tussen die koekies op die pan. Bak tot goud van kleur, maar nog steeds sag in die sentrum, 12 tot 16 minute, afhangende van hoe sag of crunchy jy daarvan hou.
  8. Laat die koekies op 'n rak afkoel en berg die koekies in 'n dig verseëlde houer vir tot 5 dae.