Bestanddele vir doppies:
250 g botter
750 ml meelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 geklopte eiers
knippie sout
melk
fyn appelkooskonfyt
 
Bestanddele vir bolaag:
50 ml suiker
50 ml botter
2 geklitste eiers
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
 
Metode:
(Doppies) Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, bakpoeier en eiers by.
Meng met melk tot dit gerol kan word.
Rol dun uit en sit in kolwyntjiepanne.
Plaas een teelepel appelkooskonfyt in elkeen.
Bedek met die volgende bolaag:
 
(Bolaag) Klop suiker en botter tot romerig. Voeg eiers by en meng. Sif meel en bakpoeier saam en voeg by eiermengsel en meng goed.hierbo.
 
Bak by 200ºC vir 10-15 minute.