Brosbrood-blokkies ("Short Bread")

Dié koekies smelt in die mond. Verdubbel dus die resep vroegtydig. 

Bestanddele

500 g botter
200 ml strooisuiker
890 ml koekmeel
200 ml mielieblom
ekstra strooisuiker vir bo-oor

Metode

Stel oond op 160 °C. 

Room botter en strooisuiker saam. Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel.

Meng tot ‘n sagte deeg. Druk deeg in ‘n gesmeerde rolkoekpan van sowat 28 cm x 38 cm.

Prik deeg goed met vurk. Sny liggies of merk af in blokke of vingers. 

Bak sowat 10 minute in voorverhitte oond en verlaag hitte dan tot 150 °C en bak nog sowat 60 minute tot dit ‘n ligte roomkleur het. 

Haal uit en sny vingers of blokkies deur.

Sif strooisuiker oor en laat afkoel in pan. 

Plaas op draadrak tot heeltemal koud. Bêre in ‘n lugdigte houer. 

Die resep lewer sowat 48 blokkies.

 

Bron:  Landbou.com