Grondboontjiebotter-koekies

Bestanddele

170 g botter

200 g (250 ml) bruinsuiker

5 ml vanieljegeursel

1 eier

285 g grondboontjiebotter

260 g (465 ml) koekmeel

5 ml koeksoda

Metode

Verhit oond tot 180 °C.

Room botter, bruinsuiker en vanielje met ‘n elektriese menger tot lig en romerig.

Voeg eier en 185 g grondboontjiebotter by en meng goed.

Voeg meel en koeksoda by. Meng tot ‘n sagte koekiedeeg.Rol in klein balletjies van sowat 25 g elk.

Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei.

Sit koekies op bakplaat, sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vingers tot sowat 5 mm dik.

Smeer ‘n bietjie van res van grondboontjiebotter op elke koekie.

Bak vir 12 -15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

 

Bron:  Sarie