Wit Teekoekies

Bestanddele

1 liter (4 k) koekmeelblom

10 ml (2 t) kremetart

2,5 ml (1/2 t) sout

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) margarien of botter

5 ml (1 t) koekoda

30 ml (2 e) melk

1 eier

5 ml (1 t) vanielje geursel

suiker om oor te strooi

 

Metode

Voorverhit oond tot 180 grade C.

Sif koekmeelblom, kremetart en sout saam en voeg suiker by.

Vryf margarien met vingerpunte in droe mengsel of gebruik 'n voedselverwerker.

Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel.

Klits eier goed, voeg geursel by en voeg dit by vorige mengsel.

Meng en knie deeg goed.

Rol deeg dun uit en druk af of sny soos verkies. Plaas op gesmeerde bakplaat en strooi suiker bo-oor.

Bak 8 tot 10 minute lank.

Resep lewer sowat 84 koekies.

 

Bron:  Kook en Geniet (S.J.A. de Villiers)