Koejawel Yskastert

 

1 blik koejawels

1 blik karamel

1 pak suurlemoenjellie

1 pak tennisbeskuitjies

250 ml vars room

 

Meng koejawelsap met jellie en bring tot kookpunt , versnipper koejawels en voeg karamel by.

Voeg die jellie mengsel by.

Gooi mengsel uit in bak wat met tennisbeskuitjies uitgevoer is.

Laat effens in yskas styf word en smeer room oor .