RYK ROOMKAASKOEK

lndien verkies, kan vars aarbeie, frambose, rooi- of swart aalbessies by kaasmengsel gevoeg word.
Ontdooi bevrore vrugte eers en dreineer en versoet dit na smaak. Was en druk vars vrugte droog en strooi suiker oor. Laat vrugte paar minute staan voordat dit bygevoeg word.

 

WAT JY BENODIG:


Brosbrood
210g koekmeelblom 440ml
120 g botter (130 ml)
70 g strooisuiker (90 ml)
1 eiergeel
Knypie sout
Gerasperde skil van halwe suurlemoen

Vulsel
285 ml melk
210 g strooisuiker (250 ml)
knypie sout
gerasperde skil van 1 suurlemoen
4 eiergele
30g gelatien (50 ml)
450 ml dik room
480 g maas- of roomkaas
versiersuiker om oor te strooi
 

WAT JY MOET DOEN:

 

Kors
Sif meel en stip met bottervlokkies. Maak holte in middel en voeg suiker, eiergeel, sout en suurlemoenskil by. Berei van middel af uitwaarts en knie al die bestandele vinnig tot gladde deeg. Vorm 'n bal, draai in aluminiumfoelie toe en plaas 2 uur Iank in yskas.
Verhit oond tot 190 grade C. Rol deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak om twee sirkels met deursnee van 250 mm te vorm.
Sny sirkels uit, plaas op gesmeerde bakplate en bak 8-10 minute lank of tot goudbruin. Sny een sirkel, terwyl dit warm is, in 12 ewe groot  porsies en laat saam met ander sirkels afkoel op afkoelrak.

Vulsel
Gooi melk, suiker, sout, suurlemoenskil en eiergele bo in dubbelkastrol of in bak oor kastrol met warm water. Verhit  stadig en roer aanhoudend totdat mengsel glad en dik is. Verwyder van hitte.  Los gelatien in 37,5 ml water oor lae hitte op. Roer by vla en Iaat afkoel.  Klits room tot dik. Sodra vla begin stol, roer geklitste roomkaas in en vou geklitste room versigtig in. Voer kante van 'n 250-mm-Iosrandpan met strook bakpapier uit. Plaas ongesnyde ronde kors op boom van pan, skep kaasvulsel daarop en maak bo gelyk. Rangskik gesnyde korsporsies bo-op sodat dit weer ‘n volledige kors vorm en plaas in koelkas om styf te word. Haal kaaskoek uit pan en verwyder vetpapier versigtig. Sif versiersuiker oor.