Mikrogolf koek

 

4 eiers

5ml vanilla

375ml melk

25ml botter

375ml strooisuiker

500ml koekmeel

1ml sout

10ml bakpoeier

3 eetlepels kakao

 

Smeer 2 bakke(Mikrogolf) , voer bodems uit met handoek papier.

Plaas melk en botter in mikrogolfoond vir 3-5 min, tot dit kook.

Klits eiers goed , gooi suiker by en klits met menger vir 5 minute

Sif meel, sout en kakao saam.

Vou meelmengsel in eiermengsel, moenie roer nie.

Gooi kookmelk oor en meng vinnig.

Roer vanilla in.

Verdeel in 2 bakke.

Bak vir 5 min op 100%.

Laat elke koek eers vir 5 min staan voordat dit uitgekeer word.