Sjokolade koek

 

6 eiers geskei

1½ kop suiker

1½ kop meel

¾ kop kookolie

¾ kop kookwater

3 eetl kakao

3tl bakpoeier

¼ tl sout

 

Skei eiers, klits die geel en suiker goed saam.

Los kakao poeier in kookwater op.

Sif sout, meel en bakpoeier.

Gooi by eersgenoemde mengsel.

Klits eierwitte styf en klop in mengsel.

Bak in gesmeerde bak, nie botter nie, by180*C vir 25-30 min , of tot gaar.

 

Stroop

 

1½ kop suiker

1½ kop water

1 tl vanilla geursel

1 tl brandewyn

2 eetl kitskoffie

Kook vir 5 min saam en gooi warm oor koek,

 

Versier

Room of gekookte kondensmelk , krimmel flake bo-oor