Cremora Tert

 

Kors;

2 x pakkies tenniskoekies

botter

 

Smelt die botter en rol die beskuitjies fyn.

Gooi die botter bo-oor die beskuitjies om ‘n stywe pasta te vorm.

Druk plat in tertbak.

 

Vulsel;

 

1 blikkie kondensmelk

90ml koue water

1 koppie cremora melk poeier

½ koppie suurlemoensap

Peppermint Crisp (opsionaal)

 

Klits alles saam , gerasperde Peppermint Crisp ook .

Gooi suurlemoensap laaste in.

 

Gooi die mengsel bo-oor die kors en versprei eweredig.

Sprinkel gerasperde peppermint crisp bo-oor vir versiering.

Sit dit in die yskas om te stol.