BESTANDDELE  

 

Vir die koek 

  • 150 ml warm water 
  • 60 g botter  
  • 2 koppies koekmeel 
  • 2 teelepels bakpoeier 
  • 1/2 teelepel sout  
  • 4 eiers  
  • 1 koppie suiker  
  • 2 teelepels vanilla essence 

 

Vir die stroop  

  • 100 g botter  
  • 100 ml gouestroop  

 

METODE  

  1. Smelt die botter in die water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Hou eenkant. 
  2. Sif  die koekmeel, bakpoeier en sout saam. 
  3. Klits die eiers tot lig en skuimerig.  Voeg die suiker geleidelik by en klits om dit te laat oplos. 
  4. Voeg die vanilla essence by. 
  5. Roer  die droë bestanddele by die eiermengsel. 
  6. Voeg die warmwatermengsel by en klits vir ’n minuut. 
  7. Giet die mengsel in ’n gesmeerde, dieperige tertbord en bak 20 — 30 minute in ’n voorverhitte oond van 190°C. 
  8. Smelt intussen die botter en stroop saam oor matige hitte en giet oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
  9. Jy kan die koek warm of koud voorsit. 
  10. Bedien met styfgeklitste room.
 
BRON: Kuier