WAT JY NODIG HET:

1/2 koppie suiker

1/2 koppie botter

2 koppies koekmeel

2 teelepels bakpoeier

2 eiers

sout

3 eetlepels melk

1 blik (385g) onversoete tertappels

Suiker en kaneel gemeng

 

MAAK SO:

1. Room botter en suiker en klits eiers een vir een by.

2.  Voeg melk en droë bestandele om die beurt by.

3.  Gooi die beslag in oondvaste bak as volg: lagie deeg, lagie appels en weer 'n lagie deeg.

4.  Sit stukkies botter op.

5.  Meng suiker en pypkaneel en strooi bo-oor.

6.  Bak in oond teen 180°C vir 30 minute