PEKANNEUT-EN-KONDENSMELK-TERT

Bestanddele

TERT
2 eiers
150 g strooisuiker
100 g glanskersies, gekap
125 g pekanneute, gekap
1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies, fyn gedruk
10 ml (2 t) bakpoeier


BOLAAG
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
250 ml (1 k) room, geklits
ekstra gekapte pekanneute vir versiering (opsioneel)

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 25 cm.

  1. TERT: Klits die eiers en suiker tot lig en donsig.
  2. Voeg die res van die tertbestanddele by en meng goed.
  3. Skep die mengsel in en bak vir 15 minute. Laat afkoel.
  4. BOLAAG: Smeer die karamelkondensmelk en geklitste room oor die tert en versier met gekapte neute indien verkies.

Bron:  Huisgenoot