Koffietert

4 eiers

1 kop suiker

2 eetl botter

4 eetl melk

4 eetl water

1 teel vanielje

1 ½ kop meel

¼ teel sout

1 teel kitskoffie poeier

2 teel bakpoeier

 

Klits eiers en suiker tot liggeel,

Smelt botter, voeg melk, water en vanielje by,

Sif meel, sout en koffiepoeier saam, voeg by eiergeel,

Voeg bottermengsel by en meng goed,

Strooi laaste bakpoeier by en voeg in,

Bak op 180 grade C vir 20-25 min. of mikrogolf 10 min. op hoog

 

Stroop

12 eetl suiker

3-5 eetl brandewyn

1 ½ kop water

1 teel vanielje

2 eetl koffiepoeier

Kook saam vir 5 min. As koek uit oond kom druk gaaitjies en gooi warm stroop oor.

 

Versier

As koek koud is versier met gekookte kondensmelk en of room, kan as nagereg bedien word.