Koek Bestanddele

  • 2 eiers
  • ½  koppie canola olie
  • ½  koppie suiker
  • ½ koppie bruinsuiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels fyn kaneel
  • ½ teelepel gemengde speserye (mixed spice)
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ¼  teelepel koeksoda
  • ¼  teelepel sout
  • 1 en ‘n ½  koppies fyn gerasperde wortels (2 tot 3 wortels)
  • 1 koppie grof gerasperde appel (+- 1 appel)

 

Roomkaasversiersel bestanddele:

  • 1 bakkie gladde roomkaas
  • 1 eetlepel botter, saggemaak
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • ¼ teelepel vanielje-ekstrak
  • 1 en ‘n ¼ koppie versiersuiker

 

Metode:

 

  1. In 'n groot bak, meng die eiers, olie en suiker (wit+bruin) tot glad.
  2. Sif die meel, kaneel, speserye, bakpoeier, koeksoda en sout saam en voeg geleidelik by die eiermengsel, meng goed.
  3. Roer die gerasperde wortels en appel by.
  4. Bak teen  180 °C vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  5. Keer uit op ‘n draadrak en laat verkoel.
  6. Meng die roomkaasversiersel bestanddele saam.
  7. Smeer die roomkaasversiersel oor.