Bestanddele
1 blik karamel kondensmelk 
250ml dik room (styf geklop)
1 pakkie Tennis beskuitjies
2 blokke pepperment sjokolade van jou keuse (fyn gedruk)
 
Maak so:
1) Klop room styf
2) Voeg karamel by en meng goed deur
3) In 'n bak (so 30cmx20cm) plaas 'n laag tennis beskuitjies, dan die roommengsel en dan die fyngedrukte pepperment sjokolade, en herhaal weer.
4) Eindig met die sjokolade krummels bo-oor.
5) Sit in die yskas (verkieslik oornag)