Lemoenstroop Koek

Bestanddele

Koekdeeg:
3 eiers
375 ml strooisuiker
200 ml melk
100 ml botter
375 ml ongesifte koekmeel
7 ml bakpoeier
1 ml sout
 
Stroop:
300 ml suiker
250 ml water
30 ml botter
250 ml lemoensap
10 ml gerasperde lemoenskil
 
Metode
 
Stel oond 180º. Smeer vuurvaste bakskottel 20 x 30 x 5cm. Klits eiers en strooisuiker baie goed saam. Verhit melk en botter tot kookpunt. Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel. Voeg warm warm melkmengsel by en meng goed. Gooi in bakskottel en bak in middel van die oond vir 30 minute.
 
Kook intussen suiker, water en botter vir 7 minute saam. Laat afkoel. Voeg lemoensap en skil by en meng.
 
Wanneer koek uit oond kom, prik met vurk egalig en gooi stroop oor. Bedien met styfgeklitse room.

 

 

Bron:  In en om die huis

Foto:  In en om die huis