Bestanddele:

  • 3 koppies melk
  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel suiker
  • 2 eetlepels kitsvla
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 125ml suurlemoensap
  • 1 Pakkie Tennisbeskuitjies

 

Metode:

  1. Bring die melk, botter en suiker tot kookpunt.
  2. Meg die kitsvla met bietjie koue water om 'n loperige pasta te maak en voeg by die warm melk.
  3. Sit terug op die stoof en roer aanhoudend tot die vla dik word.
  4. In 'n apparte bakkie, meng die blikkie kondensmelk met die suurlemoensap.
  5. In 'n bak van so 30cm by 20cm, pak twee rye tennisbeskuitjies, smeer 'n dik lagie kondensmelk oor en gooi 'n lagie van die vla oor, herhaal weer met 'n ry beskuitjies, die res van die kondensmelk en al die vla.  
  6. Om af te rond - krummel nog beskuitjies en gooi oor die boonste laag. 
  7. Laat staan in die yskas vir ten minste 3 ure (oornag is beter).

 

Bron: 93.4fm Radio Namakwaland (resep aangepas)