MOKKA SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK

 

KREDIET: Annanaresepte

 

Sif saam in 'n mengbak die volgende:

250 ml koekmeel,

60 ml kakaopoeier en

kwart t sout.

 

Klits saam in groot beker:

1 k suiker,

125 ml gesmelte botter,

125 ml sterk swart koffie, afgekoel, en

2 groot eiers.

 

Roer by droee mengsel.

Meng goed deur en skep in gesmeerde mikrogolf ring-koekpan, 22 cm.

Plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en mikrogolf koek vir 7 minute.

Haal uit oond, hou in pan en gooi helfte van volgende stroop bo-oor:

Verhit 125 ml suiker met 45 ml sterk swart koffie, of koffie likeur. Koel heeltemal af in pan en keer uit op opdien-bord. Gooi ander helfte van stroop oor. Versier verder met 100 gr gesmelte sjokolade en halwe cherries of neute.