Marie Beskuitjie Tert

 

1¼ koppie suiker

2 eetlepels botter

1 teelepel gelatien

2 koppies kookmelk

1 pakkie mariebeskuitjies

2 eetlepels maizena

vanilla essens

 

Braai die botter en suiker tot ligbruin.

Voeg kookmelk by en roer vinnig , laat ‘n bietjie kook.

Roer maizena met melk aangemaak by en laat goed kook terwyl geroer word.

Maak gelatien met ‘n bietjie water aan en skuif kastrol van die plaat af , roer gelatien by.

Voeg laastens die geursel by .

Pak beskuitjies in ‘n bak en gooi die warm mengsel oor.

Laat afkoel en plaas in die yskas.