Tuna Macaroni Gereg

Bestanddele

halwe pak skulpie of skroewe pasta, gaar en gedreineer

1 pak spek, in stukkies geknip

1 blik uie-en-tamatiesmoor OF blik matige Chakalaka

1 blik tuna, gedreineer

1 blik roommielies OF gemengde groente

kaas, gerasper

 

Metode

Verhit oond tot 180 grade C.

Kook en dreineer pasta.

Braai spek en roer volgende by:

uie-en-tamatiesmoor of chakalaka, tuna, roommielies of groente.

Roer pasta by en skep in diep oondskottel. Sprinkel kaas bo-oor.

Bak vir 30 tot 40 minute in oond.

 

Bron:  Radio Namakwaland