Lasagne

 

Vleis

Braai 1 pakkie Bacon stukkies en sit eenkant.

Braai die volgende saam:             

  • 2 x medium uie
  • Gemengde kruie en knoffel
  • Meng met Bacon

Braai 1 kg “lean” maalvleis tot bruin, gooi ½ tl sout en swart peper asook paar druppels tabasco by.

Gooi by vleis:

  • 1 x blik tamatie en uie smoor
  • 2 x klein blikkies tamatie puree
  • Bacon en uie mengsel
  • 1 x pakkie bruin uie soppoeier (net so)

Meng alles goed.

 

Kaassous

4 x pakkies “insant” kaassous (meng met helfte inhoud water)

Gooi  laag vleis, laag pasta, laag kaassous en herhaal.

Gooi gerasperde kaas oor. 

Bak 30 – 40 min in voorafverhitte oond (180)