Peperment Sjokolademousse Tert

 

Hierdie resep het ek by Huisgenoot geleen.  Voorbereidingstyd is so 25 minute en dit is genoeg vir 8 persone.

 

WAT JY BENODIG:

VULSEL

  • 500 ml (2 k) volroommelk
  • 160 ml (²⁄₃ k) suiker
  • 60 ml (¼ k) meelblom
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml (1 t) sout
  • 60 ml (¼ k) kakao
  • 60 ml (¼ k) kookwater
  • 100 g Peppermint Crispsjokolade, gerasper
  • 30 ml (2 e) gelatien
  • 60 ml (¼ k) koue water
  • 60 ml (¼ k) brandewyn
  • ekstra 50 g Peppermint Crisp-sjokolade

KORS

  • 200 g Tennis-beskuitjies, fyngedruk

 

WAT JY MOET DOEN:

 

Vulsel

  1. Meng die melk, suiker, meelblom, eiergele en sout in ’n kastrol oor matige hitte. Roer aanhoudend tot die mengsel kookpunt bereik. Die vla moet glad en dik wees wanneer dit gaar is. Verwyder van die hitte; laat afkoel.
  2. Verdeel die vla in twee. Klits die kakao in die kookwater en laat afkoel. Meng die een deel van die vla met die afgekoelde kakaopasta en gerasperde sjokolade. Meng goed en sit eenkant.
  3. Los die gelatien in die koue water op, verhit 20 sek. in die mikrogolf en voeg dit en die brandewyn by die ander vla. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Vou dit in die gelatienvla.

 

Kors

  1. Rangskik die beskuitjies styf teen mekaar in ’n tertbak van glas.

 

Skep die sjokolademousse oor die beskuitjies, gevolg deur die wit mousse. Garneer met die ekstra sjokolade en oorskietbeskuitjies. Verkoel oornag.

 

KREDIET: huisgenoot.com