CINNABONS

  1. 1 Rol skilferkorsdeeg (sny in die helfte en rol elke gedeelte bietjie dunner uit.) 
  2. Smeer gesmelte botter met kwassie oor 
  3. Gooi soveel bruinsuiker en kaneel oor soos wat jy voor lus voel 
  4. Rol op en plaas in gespuite muffin pannetjies 
  5. Bak in oond by 180 C tot gaar, bruin en opgepof (so om en by 15 na 20 min) 
  6. Gooi die volgende versiersuikermengsel oor sodra dit uit die oond kom:  Meng 1tl stroop met 1 eetl melk en gooi 3 koppies versiersuiker by en meng tot gladde pasta 
  7. Gooi met teelepel die versiersuikermengsel oor die warm kaneel rolletjies en geniet! 

 

(Resep deur Kreatiewe Kos Idees)