Mokka Fudge poeding

 

75 ml margarine

125ml bruismeel

37.5 ml kakao

25ml kitskoffie

75ml strooisuiker

1 groot eier

50ml bruin suiker

125 ml okkerneute gekap

 

Sous

 

300ml sterk swart koffie

25ml kakao

50ml strooisuiker

Meng al die bestandele en giet oor beslag

 

Verhit die oond 180*C.

Plaas al die bestandele behalwe bruinsuiker en okkerneute in mengbak en klits tot gemeng.

Skep in oondvaste bak.

Sprinkel neute en bruinsuiker oor.

Gooi sous bo-oor en bak vir 60min.

Bedien met vla of room