Malvapoeding

Hierdie is 'n ou, beproefde wenner!  Al jare in die familie!

 

BESTANDELE:

125ml (1/2 koppie) strooisuiker

2 eiers

15ml (3 teelepels) appelkooskonfyt

312,5ml (1 en 'n kwart koppie) koekmeelblom

5ml (1 teelepel) koeksoda

knypie sout

30ml (6 teelepels) botter

5ml (1 teelepel) asyn

125ml (1/2 koppie) melk

 

SOUS:

250ml (1 koppie) room

125g (1/2 koppie) botter

125ml (1/2 koppie) strooisuiker

125ml (1/2 koppie) melk

25 ml (5 teelepels) brandewyn (opsioneel)

 

METODE:

1.  Voorverhit oond tot 180 grade C en smeer 'n vuurvaste bak/pan

2.  Klits die strooisuiker en eiers saam tot lig en donsig

3.  Klits die appelkooskonfyt in

4.  Sif die droë bestandele saam in apparte bak

5.  Smelt die botter en voeg by die asyn en melk in apparte maatbeker/bak

6.  Vou die droë bestandele afwisselend met die melkmengsel in die eiermengsel

7.  Gooi in die bak/pan en bak vir 45 minute

8.  Smelt die bestandele vir die sous saam en gooi or die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

 

Wenk:  Sit warm voor met roomys en vla.  Ek kook sommer die sous in die mikrogolfoond.