Bestanddele:

70g botter

180ml strooisuiker

Sap en skil van 2 suurlemoene

3 ekstra-groot eiers, geskei

60ml koekmeel

180ml melk

 

Metode:

1.  Voorverhit die oond tot 180 grade en smeer 'n oondbak van 25cm  x 15cm goed met botter.

2.  Room die botter en suiker saam tot lig en donsig.

3.  Voeg die suurlemoenskil en eiergele by en klits tot gemeng.

4.  Voeg die meel, melk en suurlemoensap by en klits goed tot 'n dun, gladde beslag vorm.

5.  Klits die eierwitte in 'n aparte bak tot stywe punte vorm en vou by die suurlemoen mengsel in.

6.  Giet in die voorbereide oondbak. Plaas die bak met die beslag in 'n groter oondbak en vul die groter bak met kookwater tot halfpad teen die kleiner bak op.

7.  Bak vir 1 uur tot ferm.