Selfsous Sjokolade Poeding

Bestanddele:

250 ml koekmeel                                250 ml bruin suiker

15 ml bakpoeier                                  25 ml kakao

2 ml sout                                             2 skeppies koffie poeier

175 ml wit suiker

25 ml kakao                                       

175 ml melk

60 ml olie

3 ml vanielje

350 ml kookwater

 

Metode:

1. Stel oond op 180 grade en smeer 'n groot oondbak sodat die

    beslag in totaal ongeveer 1/3 van die bak inneem.  Die rede

    hiervoor is dat die stroop van onder af deur die poeding se kors

    oop breek en as die bak te klein is sal die sous oor die bak se 

    rand stoot.

2. Sif saam die koekmeel, bakpoeier, sout, suiker en kakao.

3. Voeg daarby die melk, olie en vanielje.

4.  Klop bestanddele goed en gooi in die oondbak.

5.  Strooi bo-oor die bruin suiker, kakao en koffiepoeier

6.  Spoel die mengbak met 350 ml kookwater en gooi bo-oor die

     beslag deur die volgende metode te gebruik: gooi die water

     versigtig oor die ronde kant van 'n lepel sodat dit nie gate in die

     beslag maak nie. Jy wil he die water moet bo-op die beslag

     wees en nie werklik meng met die beslag nie.

7. Bak vir 30 - 35 minute.

 

Belangrik: Die poeding lyk eers soos 'n gewone gebakte poeding, en ongeveer by 20 - 25 minute in die baktyd in begin 'n dun sous bo uit borrel, en op ongeveer 30-35 minute is die dun sousie heerlik dik en taai. 

Die bruin suiker kan halveer word indien verkies.

Bedien met room, roomys, vla of klapper room.

Variasies: Klapper, neute en gekapte dadels kan ook bo-oor die beslag gegooi word voordat dit gebak word.