• 1 1/2 kop. bruismeel.
  • 2 eiers.
  • 2 eetl.appelkooskonfyt.
  • 1/2 kop. melk.
  • 1/2 kop. suiker.
  • 1 teel. koeksoda.
  • 2 eetl. sagte botter.
  • 1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.
 
Stroop:
  • 1 kop. kookwater.
  • 1 kop. room.
  • 1 teel. vanilla.
  • 1 kop. botter.
  • 1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.