WAT JY BENODIG:
• 120g roomkaas
• 3 Bar Ones in stukkies gesny
• 250ml room styf geklop
• 700ml melk vir maak van kitspoeding
• 2 pakkies sjokolade kitspoeding
• 1 pakkie Romany Creams grof gebreek
• 1 Flake sjokolade stafie
 

MAAK DIT SO:

  1. Meng die roomkaas en Bar One sjokolade.
  2. Vou die geklopte room in.
  3. Klits die melk en kitspoeding saam en laat 5 minute in die yskas stol.
  4. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak.
  5. Sprinkel die helfte van die stukkies Romany Creams daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel.
  6. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel.
  7. Skep die roomkaasmengsel oor met die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op.
  8. Sprinkel met die sjokolade om af te rond.
  9. Sit in yskas tot jy gereed is om dit te bedien