BESTANDELE
  • 45 ml kookolie
  • 1 kg hoenderdye
  • 10 ml sout
  • 4 lourierblare
  • knippie gedroogde tiemie
  • 4 swart peperkorrels
  • knippie fyn wonderpeper
  • 45 ml blatjang
  • 500 ml wortels, geskil en gesny
  • 6 groot aartappels, geskil en gesny
  • 500 g heel knopiesampioene
  • 125 ml kookwater
  • 1 blokkie hoenderaftreksel
METODE
  1. Verhit die olie in die pot.
  2. Strooi die dye met sout en braai die hoender, 'n paar stukke op 'n slag tot goudbruin.
  3. Voeg die kruie, speserye en blatjang by.
  4. Sorteer die wortels, aartappels en sampioene in lae bo-op die hoender.
  5. Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg dit by die potjie.
  6. Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 1 uur en 20 minute.
  7. Voeg water by indien die potjie te droog raak.