KORINGSLAAI MET KONDENSMELK

 

Heerlike slaai saam met enige braaivleis

 

WAT JY BENODIG:

  • 250ml koring (ongekook)
  • 1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
  • 410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
  • 62ml rosyne
  • sout na smaak met kookproses

 

SOUS:

  • 50ml sonneblomolie
  • 3ml borrie
  • 6ml matige kerriepoeier
  • 25ml blatjang
  • 25ml suiker
  • 25ml asyn
  • 1 blik kondensmelk

 

WAT JY MOET DOEN:

1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

 

WENK:

Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

 

KREDIET: kreatiewekosidees.com