Tannie Annetjie se resep.

BESTANDELE:

  • 375 ml rou rys
  • 2 uie
  • Halwe kop kool
  • 125g botter
  • 1 pakkie hoender noodle sop
  • 400ml water

METODE:

  1. Kook rys soos gewoonlik tot sag
  2. Skil ui en snipper ui en kool tot fyn
  3. Smelt botter en roerbraai ui en kool tot sag (nie bruin nie)
  4. Meng hoendersop en water en kook tot gaar
  5. Meng rys en koolmengsel saam
  6. Giet sop oor en roer deurmekaar
  7. Sit warm voor